Farm Costing Solutions is ‘n “game-changer” sê Jongboer van die Jaar 2022

Ian Cunningham (37) is onlangs as Agri Wes-Kaap Santam Landbou se Jongboer van die Jaar aangewys. Cunningham, ‘n kliënt van Farm Costing Solutions (FCS), verbou vrugte en wyndruiwe. Hy skryf sy sukses toe aan innoverende boerderymetodes, goeie onderhandelingsvermoë en inklusiewe arbeidspraktyke.

Cunningham se familie het in 2009, nadat hulle ‘n houtplantasie in KwaZulu aan die regering verkoop het, Fine Farms in Elgin gekoop. Nadat Cunningham sy graad in finansies en ekonomie aan die Universiteit van Kaapstad voltooi het, het hy in bankwese en batebestuur gewerk. Hy het in 2013 by Fine Farms aangesluit.

Fine Farms het baie gou hul naam as gerekende vrugteverbouers in die Elgin streek gevestig. In 2020 het die familie stategiese waterreserwes bekom deur ‘n aangrensende eiendom, Carmel, te koop. Later in dieselfde jaar, midde die Covid-19 pandemie, het Cunningham ‘n dapper besluit geneem en High Noon, ‘n appel- en peerplaas buite Villiersdorp, gekoop. Op hul plase word daar tans op 330 hektaar appels, pere en wyndruiwe verbou.

Cunningham meen dat een van die redes waarom hy die toekenning gekry het is as gevolg van hulle vooruitdenkende arbeidspraktyke. Hulle fokus daarop om werkers nie net met kennis te bemagtig nie, maar ook om hulle in besluitneming te betrek. Die maatskappy is in die proses om dieselfde praktyke op High Noon te vestig. Tydens die plukseisoen neem Fine Farms en High Noon amper 700 werkers in diens. Om al hierdie lone akkuraat en regverdig te bereken gebruik Cunningham FCS se harde- en sagteware pakette. FCS is ‘n leier op die gebied om boerderyonkostes te bestuur.

Volgens hom was FCS se Stukwerkmodule ‘n “game-changer” wat tydens die plukseisoen, die rompslomp met die berekening van stukwerkers se lone, vereenvoudig. Elke werker het ‘n RFID veegkaartjie (tag), wat hy oor ‘n e-leser trek sodra hy ‘n sak gevul het. ‘n Toesighouer of bestuurder monitor die proses. The stelsel bereken dan outomaties elke werker se loon na aanleiding van die hoeveelheid sakke wat hy die dag gepluk het.

Die FCS is nie net ‘n aansporing vir werkers om harder te werk nie, maar bestuur kan ook elke werker se werkverrigting monitor. “Op hierdie manier het ons ‘n kultuur geskep waar werkers besluit oor hoeveel hulle verdien. Die basislyn van lone kan aangepas word en dit is nie ongewoon vir harde en gemotiveerde werkers om aansienlike meer as die minimumloon te verdien nie,” sê Cunningham. Cunningham gebruik nie net FCS se Stukwerkprogram nie, maar ook Crest Payroll en die Tyd- en Bywoningmodule wat akkuraat die in- en uitvaltyd van elke werker soggens en saans monitor.

Ian Cunningham apple farmer

FCS word deur die meeste van Suid-Afrika se grootste landbouondernemings, soos die Du Toit-groep, De Keur Landgoed en Boschkrans Boerdery gebruik.